Padafhanklikheid

Padafhanklikheid is 'n term wat verwys na meer as een konsep (Pierson 2004). Die term word gebruik in die termodinamika en het daar 'n baie wiskundige agtergrond. Sommige skrywers gebruik die term net om aan te dui dat "die geskiedenis saak maak" - 'n wye interpretasie - terwyl ander skrywers daarmee bedoel dat instellings selfversterkend is - 'n noue interpretasie. Hierdie noue interpretasie dra die meeste verklaringswaarde, waarvan die besprekings hieronder voorbeelde is. Die "geskiedenis maak saak" stelling is voor-die-handliggend en kan gereduseer word na "alles het oorsake".

Neem as voorbeeld die verskyning van die videospeler vir tuisgebruik. Dit word gemeen dat bestuursfoute en klein ontwerpskeuses van Sony gemaak het dat sy Betamax-formaat verslaan is deur die VHS-formaat wat die kompetisie in die 1980's aangebied het. Twee meganismes kan verklaar hoe die klein (maar vroeë) voorsprong wat VHS geniet het, mettertyd groter geword het. Die eerste is die "bandwagon-effek" van VHS-vervaardigers ten gunste van die VHS-formaat in die VSA en Europa, wie oorgeskakel het omdat hulle verwag het dat VHS die standaardaanslag sou wen. Die tweede was 'n netwerkeffek: videowinkels het opgemerk dat meer mense VHS-masjiene besit het, en het dus VHS-voorraad aangekoop; dit het weer gemaak dat meer mense VHS-masjiene gekoop het, totdat daar 'n totale VHS handelaarinkoop ("vendor lock-in") bereik is. 'n Alternatiewe verklaring, is dat VHS beter voldoen het aan markvereistes (veral die behoefte na langer kassette om sportwedstryde mee op te neem) en dat padafhanklikheid min te doen gehad het met VHS se sukses.

Positiewe terugvoermeganismes, soos die "bandwagon-" en netwerkeffekte is grondbeginsels van padafhanklikheid. Hulle veroorsaak selfversterkende patrone wat industrieë swaai na een of ander produkontwerp. Ongekoördineerde standardisasie kan gesien word in vele ander omstandighede.

Voorbeelde van termodinamika, ekonomie, geskiedenis, sagteware en biologie word hier onder verskaf.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search